Vuisboek
By André Cronje
()
About this ebook
Vuisboek is 'n poëtiese meesterstuk wat resoneer met die siel van die Afrikaner, in die land waar die kranse antwoord gee. Hierdie digboek dien as 'n kragtige herinnering aan 'n volk se gelofte en sy inherente krag. Met elke vers weef die skrywer 'n tapisserie van emosies wat die essensie van die Afrikanergees vasvang. Dit is meer as 'n digbundel; dit is 'n diepgaande verkenning van identiteit, die hoop, en vryheid van die nasie en sy mense. Vir diegene wat op soek is na 'n literêre reis wat die hart roer en 'n gevoel van trots oproep, is "Vuisboek" 'n meesleurende leeswerk wat lesers inleef in die ryk tapisserie van die Afrikaner-erfenis.
André Cronje
André is a South African born Huguenot descendant living in Paris, France as an artist, author, and volunteer. Like a potter molds his clay, so he forms and shapes his thoughts on a variety of subjects braving social, moral, and spiritual issues with the light of Jesus Christ who died and rose from the dead, forgiving sins, healing the sick, and giver of eternal life, to anyone who believes the gospel and is baptized.
Related to Vuisboek
Related ebooks
Vuisboek Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsGedagtes van n Woestynkind Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsMy Evolusie Gids Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie ewigheid in my hart: 'n Gebed vir elke dag uit die Psalms Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsMy Seun Dawid Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsWanneer God jou vashou Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsHeilige beeste Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsHerfs Gedigte Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsJan Van Riebeeck: Die Kronieke van Suider-Afrika, #1 Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie Profeet Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsOorwinningsgeheime Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDraaipunt: 'N Ware Verhaal Van Liefde Oorvloedig Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsInspirerende Gedigte Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsEna Murray Oordenkings Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsNooit Weer Nie! Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsOorlog teen Okkultisme, Toorkuns en Vals Geloof Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDankie God vir Sy Engele Wat Oor Jou Waak Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSwart Gat Rating: 0 out of 5 stars0 ratings'n Mens kan nooit genoeg dankie se vir Jesus nie Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsOmgee is om tot die einde van die wêreld te gaan vir 'n vreemdeling Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsEk is...'n Openbaring Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsIn gesprek met God Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsBuys: ’n Grensroman Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsNie van hoorsê nie, Here Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsEngel uit die klip Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie bedrieËr: Nie net ontrouheid nie Rating: 0 out of 5 stars0 ratings'N Ontleding van Opvoedkundige Kwessies Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsIngrid Jonker Versamelde Werke Rating: 5 out of 5 stars5/5Die Uittog Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsOngewoon Grace: Gestoor word vir 'n doel Rating: 0 out of 5 stars0 ratings
Related categories
Reviews for Vuisboek
0 ratings0 reviews
Book preview
Vuisboek - André Cronje
VUISBOEK
Met voortrekker monumentum ploeg die boer voort, gegrond en gewapen in sy geloftes krag, teen ‘n bosemag wat nie in liefde wil saam leef met sy naaste nie. Die stryd word oorwin met geloof in God en met die Voortrekkermonument as n getuie van God se mag vir al die mense in die land Suid Afrika.
……………………
Met liefde opgedra aan ouma Chrissie Nel en my ma Joan Cronje vir hul liefde en toewyding aan hul familie.
……………………
Deur André Cronje
Indeks
Indeks
Kopiereg
1. Red Die Boer
2. Kreed Gebed
3. Vrede Vir My Volk
4. Gaan Hoër
5. Vandag En Môre
6. Slapende Skoonheid
7. Blomme
8. Roekeloos
9. Die Soldaat
10. Wat Ek Doen
11. Nie Dit En Nie Dat Nie
12. Verkenners Eer
13. Oop Grense
14. Oop Kop
15. Onthou Jy Nog
16. Die Wensput
17. Die Mode Polisie
18. Brood Van Smarte
19. Die Liefdes Pakkie
20. Die Bedelaar
21. Die Antwoord
22. Fetus Oorblyfsels
23. Op My Eie
24. Ouerskap
25. Charlie’s Engele Van Hel
26. Die Koning Van Die Narre
27. Tik-Tok
28. Die Afrikaner
29. Afrikaners Was Plesierig
30. Kom Uit Die Kas
31. Dinge Wat Jy Nie Sal Vind Nie
32. Ek Is Perfek
33. Wie Is Ek?
34. Doelwitte En Drome
35. Die Vermiste Gedagte
36. Watter Een Is Jy
37. Wees Jy Die Een
38. Die Wiel Draai
39. Plus Een
40. Aangesig Tot Aangesig
41. Die Betowerende Magie
42. Stenig Die Owerspelige Vrou
43. Die Gelukkige kêrel
44. Jesus Jy Is Die Een
45. Vriend Van My
46. My Beminde Maagd
47. Drie, Twee, Een
48. Tyd Trein
49. Kom Op Hier
50. Liewe Amerikaners
51. Verkrag Deur Die Wêreld
52. Amazon’s Pandora’s Boks
53. Die Deur Staan Oop
54. Die Vertoning Gaan Voort
55. Die Paradys Skandaal
56. Covid Tereur
57. ‘n Pragtige Dag
58. Jy Het God Nie Nodig Nie
59. Die Dood Se Raaisel
60. Die Spele Van Konings
61. Wat Rym Met Wyn
62. Praise Jah
63. Welkom Jesus
64. Die Wegraping
65. Gelofte Dag
66. Die Gelofte
67. Die Boer Se Toekoms
68. Bid Vir Jou Land
69. Bloedrivier Lied
70. Die Stem
Die Seën Van God
Kopiereg
Gelisensieër vir persoonlike verryking en motivering. Geen deel mag gereproduseër word vir wins of herverkoping nie.
ParisFranceMission.Org/books
André Cronje © 2024 Kopiereg
Konsepsuele kuns deur André
@shineandre
1. Red Die Boer
Elke boer het sy erfenis en plasie.
Goeie môre RSA, is sy bobaas stasie.
Die hoenders kraai en die kinders draai,
Dis opstaan tyd, boere troos en boekevat.
Met pap en koffie, kortbroek en hoed,
Loer die boer op na hemels aarde.
Met trekker, bakkie en krywa stoot,
Gooi-laai die span, vir hul dagse brood.
Graaf in die hand, en roer in die ander,
Skoffel werk die manne die dorre land.
En met windpomp, boorgat en seën van bo,
Lewe die grond en groei die saad gesaai.
Oop staan die hek vir familie en vriende,
Maar geknip en gebuig lê die grens se draad,
Te maklik vir jakkals kind en aap se kwaad.
Plaaswerkers jou soldate, en bakkie jou buffel.
Met oë op die horison, uitkyk en luister,
Vir telefoon, hond blaf, of die stem wat jy ken,
En soos ‘n troep, dapper en paraat, ploeg jy voort.
Die son sak aarde toe op die warm grond
Terwyl die sterre uit klim oor die hemelsruim.
‘n Volmaan hang op niks oor Voortrekkers krans.
Met ‘n pot op die stoof en wyntjie in die hand,
Eet lag die mense en volksdans die aand verby.
Maar vroeg inkruip, vir vroeg opstaan,
Want môre is dit loop en stroop vir jou brood,
Op die vrugbare grond waar die oes lê en wag.
Red die boer en jy beskerm sy kind,
En almal op die plaas sal dan vrede vind.
Maar vir beloning soek hul die boer se bloed.
Doof of dom, breek hulle die sonneblom.
Idiote leer hulle nie, dat pap en brood,
Kom van olie en saad.
Maar leiers met hulle oë op geld,
Pleeg moord en korrupsie brand.
Met woorde en liedere, sweepklap
Die duiwels, mense met haat en wonde.
Pas jou op, mot gooi, vloek en skel,
Dis jy wat jou woorde moet tel.
Rebellie kanker, uit die land!
In die naam van die Here, kry verstand.
Almal soek ‘n antwoord,
En ‘n plekkie in die son.
En terwyl die skare skree, groen en goud,
Kwel en kwyn die arm wit en swart,
In Plakkers, Myn Konsentrasie Kamp.
Pap en vleis gee jou yster,
En ‘n lat op die blad is vir luister.
Werk dit uit of byt dit in,
Jou hande is vir welkom groet,
Nie vir ore klap, vuislaan, of goeters vat.
Met moed en murg in jou been,
Volg my raad, met ‘n liefdes daad.
Reg of verkeerd? ‘n Boer maak ‘n plan.
Waar’s die boer met sy psalms en lof gesang?
God sal fonteine skep met die trane van jou wang.
Here, help! Red die boer, uit die vyand se hand.
Onthou die gelofte en daai dag.
Eendrag maak mag, en tweedrag breek krag.
Maar ons kamp in Vergeet en Vergane Vallei,
Vêr van die hoogtes van die Voortrekkermonument.
Vergewe Here, en genees ons reënboog